Wat is Jungiaanse sandspel?

Wat is Jungiaanse sandspel?

Jungiaanse sandspelterapie is ‘n kreatiewe, nie-verbale vorm van psigoterapie. Dit is in die middel van die 20ste eeu deur Dora Kalff ontwikkel en is gegrond op die beginsels van Jungiaanse sielkunde en Oosterse filosofie.

Die psigoterapeutiese metode gebruik sand, water en miniatuurfigure om ‘n driedimensionele wêreld in ‘n sandbak te bou en sodoende die onderbewussyn te verken, emosionele genesing te bewerkstellig, en trauma te verwerk.

“Without this playing with fantasy no creative work has ever yet come to birth.
The debt we owe to the play of the imagination is incalculable.”

– Charl Jung