Hoe help dit met Trauma-verwerking?

Hoe help dit met Trauma-verwerking?

Trauma is ‘n emosionele, sielkundige of fisieke reaksie op ‘n skokkende of stresvolle gebeurtenis, groot of klein. Dit vind plaas wanneer ‘n situasie jou so oorweldig dat jy dit nie dadelik kan verwerk of dit ‘n plek kan gee nie. Dit lei tot permanente negatiewe gevolge op jou algehele welstand.

Geen woorde is nodig:
Trauma word dikwels in die diep, nie-verbale dele van die brein (die limbiese stelsel) gestoor. Kliënte vind dit dikwels onmoontlik om trauma in woorde te beskryf. Sandspel gee ‘n stem aan hierdie emosies sonder dat daar gepraat hoef te word. En omdat daar nie woorde gebruik word nie, kan die ego nie die proses blokkeer of kritiseer nie.

Skep veilige afstand:
Wanneer ‘n pynlike ervaring in die sand uitgebeeld word, skuif die trauma van binne die kliënt na buite in die sand. Hierdie “eksternalisering” maak die trauma minder oorweldigend en makliker om te hanteer.

⁠Beheer en transformasie:
In die sandbak het die kliënt volle beheer. Hulle kan ‘n “monster” (wat die trauma verteenwoordig) begrawe, mure bou vir beskerming, of helpers inbring. Dit herstel die gevoel van mag en beheer wat trauma by ons steel.