Simboliese taal:
Jung het geglo die onbewuste kommunikeer deur drome, simbole en beelde. Die sandtafel word ‘n tasbare droom wat uiting gee aan jou binnewêreld.
Individuasie:
Dit is ’n lewenslange reis waartydens ‘n persoon se bewussyn saamsmelt met sy/haar goddelike wysheid om terug te keer na die ware jy. Die tasbare hantering van sand en voorwerpe help die psige om balans en genesing te vind. In die proses keer jy terug na jou ware self, onafhanklik van die kondisionering van die samelewing of die verwagtinge en druk van die wêreld.
Simboliese Uitdrukking:
Omdat die onderbewyssyn meer in beelde as in woorde dink, verteenwoordig die tonele in die sand innerlike konflik, transformasie en die genesings proses. Dit bevorder ’n dialoog tussen die bewuste en onbewuste, wat help met genesing, selfontdekking en die integrasie van onderdrukte of moeilike emosies.