Gewone Sandspel vs. Jungiaanse Sandspel?

Gewone Sandspel vs. Jungiaanse Sandspel?

Gewone sandspel:
Dit word dikwels in algemene spelterapie of kognitiewe terapie gebruik. Die terapeut is baie aktief, vra vrae, gee opdragte (bv. “Bou vir my jou gesin”), en bespreek die toneel dadelik met die kliënt.

Jungiaanse sandspel:
Dit fokus op die kliënt se binnewêreld. Die proses is heeltemal vryvloeiend sonder riglyne. Die terapeut bly hoofsaaklik ‘n stil getuie binne die veilige omgewing en ontleed die simbole eers na die proses voltooi is, sodat die onbewuste proses nie met woorde ontwrig word nie. Dit is dus hoofsaaklik ’n nie-direktiewe, kreatiewe vorm van terapie wat die verbeelding gebruik. Jung (1963) het verwys na die belangrikheid, vanuit ’n terapeutiese oogpunt, om die beeld agter die emosie te vind. ’n Reeks sandspelbeelde wat in die sandbak uitgebeeld word, skep ’n voortdurende dialoog tussen die bewuste en onbewuste aspekte van die kliënt se psige, wat ’n genesingsproses en die verdere ontwikkeling van ’n mens se individualiteit aktiveer.