Die Proses en hoe dit werk

Die Proses en hoe dit werk

Die Sandbak:
Die kliënt kry ‘n spesifieke grootte bak met ‘n blou bodem wat water of die hemel kan voorstel. Daar is gewoonlik twee bakke beskikbaar om van te kies; een met droë sand en een met nat sand.

Die Miniatuur figure:
‘n Groot versameling van klein figuurtjies (mense, diere, monsters, geboue, bome en mitologiese voorwerpe) word op rakke rondom die bak vertoon. Die kliënt kies instinktief figuurtjies en rangskik dit in die sand sonder dat bewuste beplanning nodig is. Dit omseil logiese denke en spreek direk vanuit die onderbewussyn. Deur miniatuurbeeldjies in sand te gebruik om tonele en prentjies te skep, word onbewuste inhoud sigbaar en die ingebore genesingsvermoë van die psige geaktiveer.

Vry en Beskermde Ruimte:
Die terapeut skep ‘n veilige, oordeelvrye omgewing. Die terapeut probeer nie die spel beheer nie, maar gee eerder oor aan die psige se natuurlike vermoëns om self te genees.

Stille Waarneming:
Tydens die bouproses bly die terapeut stil en neem slegs waar; daar word nie op die oomblik ingemeng of ‘n betekenis of analise gegee aan dit wat in die sand gebeur nie.

“The creation of something new is not accomplished by the intellect but by the play instinct acting from inner necessity.
The creative mind plays with the objects it loves.”

– Charl Jung