Elke individuele sandboks sessie neem tussen 30min tot 60min afhangende of die kliënt lus/nodig het vir gesels of dadelik begin bou in die sand.
‘n Proses bestaan uit ‘n reeks sandboks sessies, maar daar is geen vaste aantal sessies binne ‘n proses nie. Individuele behoeftes verskil en elkeen se psige sal sy eie tyd kies om te genees. Dit hang af van die diepte van die trauma en die tempo waarteen die individu se psige reis.
Algemene Riglyne vir die Aantal Sessies
- Korttermyn prosesse: 10 tot 12 sessies kan genoeg wees vir spesifieke lewenskrisisse of ligter emosionele blokkasies.
- Langtermyn transformasie: 25 tot 50+ sessies (oor ‘n paar maande tot jare) is algemeen vir diepgaande individuasie en chroniese of vroeë kinderjare-trauma.
- In tradisionele Jungiaanse terapie skep kliënte dikwels ‘n deurlopende reeks sandboks sessies wat soos opeenvolgende hoofstukke in ‘n boek gelees kan word.