Saam op jou reis na selfbegrip.

'n Veilige ruimte vir groei en genesing.

Sandspelterapie gebruik ‘n sandtafel, figure en symbole om die binnewêreld op ‘n natuurlike en nie-verbale manier te laat spreek.

Dit help om te verstaan, te verwerk en te genees.

WAT IS SANDSPELTERAPIE

Deur gebruik te maak van ‘n spesiaal ontwerpte sandbak en honderde miniatuurbeeldjies, skep kliënte simboliese tonele wat gevoelens, ervarings en innerlike prosesse uitbeeld wat dikwels moeilik is om in woorde te beskryf.
Die terapeut interpreteer nie onmiddellik wat geskep word nie, maar bied eerder ‘n veilige, beskermde ruimte waarin die psige op sy eie tempo kan ontvou.
Elke sandtoneel word deel van ‘n voortdurende gesprek tussen die bewuste en onbewuste, waardeur natuurlike genesingsprosesse geaktiveer word.

Sandspel kan ondersteuning bied aan mense wat:

  • Trauma ervaar het
  • Met angs worstel
  • Rou en verlies beleef
  • Depressie ervaar
  • Onder stres of uitbranding verkeer
  • Groot lewensveranderinge deurmaak
  • Emosioneel oorweldig voel
  • Hul identiteit wil ontdek
  • Aan lae selfbeeld ly
  • Op soek is na persoonlike groei en betekenis

Baie mense kies Sandspel nie omdat iets met hulle “verkeerd” is nie, maar omdat hulle ‘n dieper verbinding met hulself verlang.

HOE SANDSPEL WERK

In elke sessie begin jy deur jou wêreld in sand uit te druk – met figure, voorwerpe, kleure en simboliek wat jou op ‘n onbewuste vlak aantrek.

Terwyl jy skep, kommunikeer jou innerlike self deur hierdie beelde. Dit laat toe dat emosies, ervarings en patrone wat dalk vir lank onder die oppervlak was, sigbaar en hanteerbaar word.

Daar is geen reg of verkeerd in sandspel nie. Jou toeneel vertel jou unieke storie, in jou eie tyd en op jou eie manier. Ek loop saam met jou hierdie pad, met empatie, teenwoordigheid en professionele begeleiding.

vrae wat gereeld opkom

Moet ouers deel wees van die terapieproses?

Ouers speel ’n belangrike ondersteunende rol, en waar nodig word terugvoer en leiding gegee om die kind se emosionele welstand ook tuis te ondersteun.

Kinders wys dikwels deur gedrag, emosies of veranderinge in hul daaglikse funksionering dat hulle ondersteuning benodig. Terapie kan help wanneer ’n kind sukkel om gevoelens, veranderinge of uitdagings te verwerk.

Gedurende ’n sessie word ’n veilige ruimte geskep waar jy met sand en verskillende figure kan werk om gevoelens, ervarings en gedagtes simbolies uit te druk.

Glad nie. Sandspelterapie fokus nie op talent of kuns nie, maar eerder op persoonlike uitdrukking en innerlike verwerking.

Elke sessie vind plaas in ’n rustige, veilige ruimte waar jy op jou eie tempo deur emosies, ervarings en innerlike prosesse kan werk.

Sandspelterapie gebruik simboliek, kreatiwiteit en spel om gevoelens en ervarings op ’n dieper vlak te verken, veral wanneer dit moeilik is om emosies in woorde uit te druk.

Elke persoon beleef sandspelterapie op ’n unieke manier, aangesien elke individu se emosies, ervarings en persoonlike proses verskillend is.

Jy kan maklik ’n afspraak maak deur die kontakvorm op die webtuiste in te vul of direk kontak te maak via e-pos of telefoon.

"

Jou binnewêreld dra die antwoorde.Sandspel help jou om dit te ontdek.

Klaar om jou reis te begin?

Ek is hier om jou te ondersteun